Feedback | Terugvoer

Our guests are always pleasantly surprised by the high-end and unique venue, not to mention the delicious food and the professional organisation and conduct of events. Here is what some of them have to say:

The Place

“Almal is gaande oor die beton-en-glas-voorwerpe by die Uilhuis in Nieu-Bethesda, maar het julle al gesien wat doen JanHarm met ou voorwerpe en emaljeware by JanHarmsgat se Agterplaas.” - Koos Kombuis in Wegbreek

“Somebody should bottle JanHarm Vorster and sell him to every grey dorp in the country. This creative soul has transformed the town of Cullinan with his special brand of junk-yard glamour!” - Denise Slabbert in Mail&Guardian

The Food

"A picnic the likes of which you have never experienced before." - Lavender Inc

"A picnic that tickles all your senses." - Wilma Ruytenberg

“Jou piekniekmandjies is vol kleur en klank.” - Donnie Badenhorst

“Just a little note to thank you for such a lovely picnic... We all loved it. The food and presentation was 5 stars. It was well worth every cent." - Elizabeth de Oliveira

The Weddings

“Hi JanHarm, hoe gaan dit? Ek dog maar net ek sê vir jou weereens ongelooflik dankie dat julle my troue onvergeetlik gemaak het vir ons almal. Die mense kan nie ophou praat oor hoe lekker dit was nie. Ek kon nie vir 'n beter venue gevra het nie!” - Melissa en Jaco
---
“Dis nou amper 'n maand later ná die geskiedkundige troue en onthaal, waaroor die mense nog steeds nie kan uitgepraat raak nie. Het jou in die Country Life gesien, en moes net gou groet. Kom drink koffie as jy in Riebeek-Kasteel is. Eintlik moet jy 'n franchise hier kom oopmaak met jou pieknieks.” - Erika (Bruid se ma)
---
“Net om baie dankie te sê vir die puik reëlings voor en gedurende ons kinders se troue op 26 Maart. Die uitstekende diens word net geëwenaar deur die kwaliteit en die hoeveelheid kos wat bedien is! Die lokaal se eiesoortige dekor het enige verdere versiering oorbodig gemaak, en almal - vanaf Oupa en die meer tradisionele familielede, tot die 'funky' vriende - het die informele, maar tog stylvolle, omgewing geniet. Baie, baie dankie aan jou en die personeel vir die talle kere se oopsluit van die kerk asook die voorbereiding van die lokaal met al ons geite. Dit was werklik 'n plesier om 'n funksie saam met jou te reël!” - Danie en Gina Saayman
---
“Dit is nou al vyf naweke terug wat ons ons sprokiestroue by jou stukkie hemel op aarde gehad het. Geen woorde kan beskryf hoe perfek en wonderlik daai 31ste Augustus van 2013 was nie. Nie net het jy en jou span die saal só mooi gemaak met die vlaggies nie, maar die kos en net feitlik alles was amazing!!! Ons gaste praat nog steeds daaroor en ek weet ek en Brian gaan altyd die dag onthou. Dit is baie min wat mens op die eerste aansig verlief raak op 'n plek, maar dit is hoe ons gevoel het oor JanHarmsgat se Agterplaas. Wat 'n werklike amazing plek vol liefde, hoop en lag. Ons wil net uit ons harte baie dankie sê vir al die moeite en geduld. Jy het werklik vir ons die naweek baie spesiaal gemaak. Ons meisies het dit so geniet by jou Gastehys. Dit is nou een plek wat ons weer gaan kom besoek. Jy, jou span en die venue is definitief een uit 'n miljoen.” - Mnr. en mev. Koen
---
“Om goeie diens te kry, is deesdae maar raar. Tydens Leana en Hennie Blom se gesellige troue op 25 Mei was diens uit die boonste rakke egter aan die orde van die dag. Daar by jou unieke venue het die andersgeit die gaste aan die praat gesit en jul feestelike piekniek hulle weer sprakeloos gelaat!
Ek, Leana en die bruidmeisies het die Vrydagaand voor die troue jou Gastehys se besondere dekor, aandag aan detail en absolute gerief terdeë geniet. Dit is die ideale plek om by te oornag op so 'n spesiale aand. 'n Baie spesiale dankie dat jy Leana se 'geite' geakkommodeer het - dit het aan haar verwagtings (wat altyd anders as die gewone moet wees!) voldoen. Ek en Johann waardeer die rustigheid waarmee jy alles hanteer het.
Daar is beslis nie 'n ander venue, ander eetgoed of ander atmosfeer wat so nommerpas reg was vir Leana se droomtroue nie. Bedank asseblief ook weer elkeen van jou personeel/medewerkers vir al hul hulp, en die voortreflike voorbereiding en bediening.” - Sanet van der Walt (Leana se ma)

---

"Dear Jan,  Whew, after a whirlwind week of family etc I am getting down to my thank you's.  SO a BIG Thank you for a fabulous wedding. It was all we hoped it would be and were so impressed with how smoothly and orderly things ran. 
We have got so many compliments on the venue and the food was superb. 
We are grateful for all the work that you and your staff put in setting up the venue, arranging all our items and helping take everything down. It really was spectacular and we will send through some of the photos of the venue from the professional photographer as soon as we have them. Thank You Again, Regards" - Sasha Ehlers


Next page: Media coverage